Kiepersol Kleuterskool

Kiepersol Kleuterskool

Kiepersol Kleuterskool is gebore in die harte van boere met ‘n droom vir Christelike, Afrikaanse onderrig van ‘n hoë gehalte. Vandag is die skooltjie reeds drie jaar aan die gang en bedien ouers met peuters en kleuters van 18 maande tot 6 jaar oud.

Die grondslag is speel – maar speel met ‘n verskil. Vaardighede wat die fondasie lê vir skryf, probleemoplossing, syfervaardigheid, lees, fokus, liggaamlike bedrewenheid, taal, sosiale- en emosionele ontwikkeling, word alles deur gefokusde spel en konkrete hantering met bv. blokkies bemeester. Die onderwysdepartement se riglyne word gevolg, maar groot ruimte word gelaat om daagliks ekstra werk te doen om elke kind te help om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.  

Die kleuterskool is goed toegerus met ‘n heerlike speelterrein, en baie bekwame personeel. Middagsorg word ook gedoen. Daar word onderskeid gemaak tussen die jong peutertjies en gevorderde peutertjies, asook die Graad RR’e en Graad R’e – elk met hulle eie onderdomsgerigte aktiwiteite.

Kiepersol Kleuterskool…die plek waar jy met vrymoedigheid in jou kind se toekoms kan belê!

Renate Boshoff

Skool Hoof

Kiepersol Glimlaggies

Kontak ons:

Vir enige navrae of inligting kontak ons en ons help graag

extra activities also offered