Kiepersol Kleuterskool
Kiepersol Kleuterskool
Kiepersol Kleuterskool is ‘n droom gebore in die hart van Afrikaanse Hazyview-ouers. Aan die begin van 2023 het die droom vlerke gekry en het die skool sy deure oopgemaak. Die kleuterskool het die voorreg dat hy van peuter tot kleuter akkommodeer – van twee jaar tot 6 jaar (Graad R)!
Kiepersol-kleuters het die geleentheid om in hulle moedertaal onderrig te kan ontvang. Selfs die heel jongste praat met my. “Tannie, die heel lekkerthste ith moth (!) thspeel!” Navorsing op navorsing bevestig die voordele van moedertaalonderrig rakende die totale akademiese ontwikkeling van die kind.
Ons toegewyde, taakgerigte personeel werk doelgerig en liefdevol met elkeen van ons kleuters. Formele en informele assesserings word dwarsdeur die jaar gedoen. Lesplanne word só uitgewerk dat dit ‘n breë verskeidenheid aktiwiteite dek, nommerpas en baie konkreet is. Só kan kleuters fisies, emosioneel, sosiaal en akademies ontwikkel.
Kiepersol Kleuterskool…waar jou kleuter se potensiaal ontgin word – in Afrikaans!
Renate Boshoff
Principal
Kiepersol Glimlaggies










































Contact US
If you have any enquires,
email and we will get back.
- kiep@newlifeschool.co.za
- +27 82 304 4262
- Ng Kerk Terrein, R40, Kiepersol
extra activities also offered
